1 Julie 2021
Die polisie in Hawaii in Amerika het aangekondig dat geen beampte vervolg gaan word ná die skietdood van ‘n Suid-Afrikaner in April vanjaar nie.
‘n Voormalige rugbyspeler van KwaZulu-Natal, die 29-jarige Lindani Myeni is deur drie beamptes gekonfronteer nadat hy ‘n huis van onbekende mense betree het.
Die ondersoek het bevind dat Myeni die drie beamptes herhaaldelik aangerand het en dat een van hulle so ernstig deur Myeni beseer is, dat hy nou nog nie weer kon begin werk nie.
Ten spyte van verskeie nie-dodelike pogings om Myeni onder bedwang te bring, het hy – volgens die aanklaer, Steve Alm – steeds voortgegaan om die beamptes aan te rand.
Selfs nadat een van die beamptes ‘n skoot met sy dienspistool op die oorledene afgevuur het, het hy voorgegaan met sy aanval en het ‘n tweede geregsdienaar drie skote om hom afgevuur.
Die ondersoek kon ook geen gronde vind dat ras enigsins ‘n rol in die polisie se optrede gespeel het nie.
Ondersteuners van Myeni het aangedui dat hulle teen die bevinding gaan appèl aanteken.