12 Mei 2023
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het aangekondig dat politieke stappe gedoen sal word om die Amerikaanse ambassadeur na Suid-Afrika, Reuben Brigety, te berispe omdat hy nie behoorlike diplomatieke kanale gevolg het om sy land se kommer uit te spreek oor wapens wat na bewering vanuit SA na Rusland verskeep is nie.
Dirco se woordvoerder, Clayson Moyela, sê DIRCO sal vandag die VSA-ambassadeur ontbied, waarna ‘n volledige verklaring uitgereik sal word.
LEES OOK: VSA MOET REGERING STRAF EN NIÉ LANDSBURGERS NIE, VRA SOLIDARITEIT
Hy het bygevoeg dat minister Naledi Pandor ook vanmiddag met haar Amerikaanse eweknie, sekretaris Antony Blinken, sal praat oor Pretoria se besluit om op te tree teen Brigety.
Moyela het bygevoeg dat die Nasionale Konvensionele Wapenbeheerkomitee geen rekord het van ‘n goedgekeurde wapenverkope deur die staat aan Rusland wat verband hou met die betrokke tydperk en voorval nie.
