22 Oktober 2021
Die Amerikaanse akteur, Alec Baldwin het ‘n kameravrou per ongeluk op die stel van die rolprent, Rust doodgeskiet en die regisseur gewond, na hy ‘n vuurwapen met leë koeëls afgevuur het.
Baldwin speel die hoofrol in dié Westerse rolprent. Die kameravrou, Halyna Hutchins (42) is met ‘n helikopter na ‘n hospitaal in Sante Fe vervoer, maar het onderweg aan haar wonde beswyk.
Die regisseur, Joel Souza (48) is in ‘n kritieke toestand. Die vuurwapen is deel van die film se rekwisiete.
Die polisie sê die voorval word nog ondersoek, en geen klagte is nog ingedien nie.
Stem vir die Aitsa’s