Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Alweer ongedefinieerde Transformasie

Nuuskommentaar: 2 September 2022

Deur: Bennie van Zyl

Die ANC se interne twiste en leierskapskonferensies geniet baie aandag in die media, en baie mense is verheug oor opnames wat daarop dui dat die ANC waarskynlik nie meer ‘n meerderheid sal behaal in ‘n verkiesing as dié nou moes plaasvind nie.

Intussen moet in gedagte gehou word dat die ANC tot en met die 2024-verkiesing die bewind in hande het. Hy gaan dus waarskynlik nog harder druk om sy beleid deurgevoer te kry, en daardie beleid gaan meer radikaal moet word om nie te veel stemme te verloor nie. Die nuwe Onteieningswet wat later vandeesmaand in die parlement ter tafel gelê gaan word, is een voorbeeld daarvan. Die ander een is die nuwe wet wat die jarelange beproefde Wet op Betreding gaan vervang, omdat, soos dit in die aanhef tot die konsep wet verwoord is, die ou betredingswet “uit die koloniale tyd dateer en in die demokrasie irrelevant geword het”. Die verandering gaan dus eerder oor ‘n politieke agenda, as om praktiese noodsaaklikhede, en natuurlik is daar ‘n paar lastighede in vervat wat eiendomsreg in gevaar bring.

Sopas het daar ‘n Witskrif verskyn vir die Beskerming en Volhoubare Gebruik van Suid-Afrika se Biodiversiteit die lig gesien. Kommentaar daarvoor sluit al so vroeg as 6 September.

Die dokument het ‘n hele paar angeltjies wat veral boere kan raak, en wat ook ‘n aanslag op eiendomsreg in meerdere of mindere mate inhou. Natuurlik is die gonswoord weer “transformasie”, en soos met elke transformasie-gesprek, is daar weer eens geen definisie aan geheg nie.

Die ANC is sedert 1994 besig met transformasie, en al uitkoms wat van dié ongedefinieerde transformasie sigbaar is, is eens werkende stelsels wat vernietig is. Die ANC se transformasie het in werklikheid degenerasie geword. Tans is daar nie veel meer oor wat nog tot niet getransformeer kan word nie, maar steeds bly dit die ANC se gonswoord waarop hy sy beleid skoei, en wat hy in wetgewing en regulasies inbou.

Dit was ook die geval met die AAMP-landbouplan, waarvan TLU SA, LWO, SAAI, Neasa en andere hulle gedistansieer het, juis omrede dit eerder gaan oor politieke transformasie, wat nie met die werklikheid van die ekonomiese vryemarkbeginsels rekening hou nie.

Die toepassing van die ANC se eensydig ingestelde transformasie, het gelei tot stygende werkloosheid, stygende pryse, daling in die waarde van die rand, ekonomiese agteruitgang, gebrekkige of selfs totale afwesigheid van dienslewering, regdeur van nasionale tot op plaaslike regeringsvlakke, gekwalifiseerde ouditverslae van al die staatsentiteite en meeste munisipaliteite, en gevolglike afgradering van die land se ekonomie tot rommelstatus deur die internasionale graderingsinstellings.

Die Witskrif oor Biodiversiteit praat ook weer van voogdyskap van die biodiversiteit wat in die staat gesetel moet wees, soos wat al gebeur het met die minerale regte en die water. Dit is ‘n sagte en misleidende term vir nasionalisering, wat ‘n suiwer kommunistiese konsep is, wat al by die stadium van sagte sosialisme verby beweeg het.

Rooiligte behoort nie net te flikker as die ANC begin praat van onteiening sonder vergoeding nie, maar ook as hy praat van voogdyskap en veral transformasie. Daardie terme het nog niks goeds vir die land, landbou en in besonder die Afrikaner ingehou nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof
BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)
Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende