25 Oktober 2024
Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Sisisi Tolashe, sê dat háár departement ‘n besluit geneem het om alternatiewe betalingsmetodes vir maatskaplike toelaes in te stel.
Sy sê dit behels onder meer die oorskakeling na toegewyde bankkaarte vir begunstigdes. Die nuwe kaart sal nou ‘n swart Postbank kaart wees. Postbank het ‘n beroep op begunstigdes gedoen om so gou moontlik hulle nuwe kaart te kry.
Tolase het dié oplossing voorgestel tydens ‘n debat van die Nasionale Vergadering oor die voortslepende bedrog en korrupsie by die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid, algemeen bekend as SASSA.
Dié bedrog sluit voortslepende eise deur naasbestaandes van begunstigdes lank ná hule dood in, asook begunstigdes wat eise dupliseer en van vervalste identiteitsbewyse gebruik maak.
Hoe om uit te vind waar jy die kaart kan kry:
- Skakel 120218*3#
- Kies opsie 1
- Kies jou provinsie
Wat om saam te neem:
- ID of tydelike ID
- As jy die kaart kry namens iemand moet jy ‘n amptelike toestemmingsbrief hê.