Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

“Alle oë nou gevestig op die ANC en sy diskriminasie, veral teen Afrikaners,” sê Solidariteit

9 Februarie 2025

Die bestuurshoof van Solidariteit, dr Dirk Hermann het in ‘n inskrywing op sy Facebook-profiel gesê dat die ANC vandag weer – volgens hom – histeries gereageer op die Amerikaanse president, Donald Trump se uitvoerende bevel. 

Hy het aangekondig dat vlugtelingstatus aan Afrikaners in Suid-Afrika beskikbaar is, en het ook befondsing na die land gesny nadat president Cyril Ramaphosa die onteieningswet onderteken het. 

LEES OOK: Trump voeg daad by woord en onttrek finansiële steun aan SA

‘n Plasing deur die Presidensie.

Hermann sê dit is die ANC se jarelange roekelose binnelandse en buitelandse beleid wat Amerika vervreem het, en nou word die Solidariteit Beweging daarvoor blameer. Hy sê die Beweging het oor jare buitelandse skakeling gedoen en die waarheid oorgedra, en meen daar was geen waninligting nie.

Die Solidariteit Beweging, AfriForum ingesluit, is vanuit verskeie oorde daarvan beskuldig dat hulle valshede oor die situasie in die land versprei, wat tot Trump se bevel gelei het.

Hermann sê die organisasie het alle interne roetes gevolg, insluitend hofsake tot in die Grondwetlike Hof. “Ons het ook internasionale forums soos die Internasionale Arbeidsorganisasie benut en sukses behaal. Tog gaan die ANC net voort.”

Hermann meen die ANC “beledig Amerika se intelligensiediens en diplomatieke korps deur te beweer dat ‘n burgerlike organisasie die wêreld se grootste ekonomie (die VSA) mislei het. “Die ANC se histeriese reaksie bevestig eerder die totale ineenstorting van die regering se diplomatieke vermoë.”

Hermann het benadruk dat die Solidariteit Beweging dankbaar is vir Trump se besluit en meen die wêreld se aandag is nou gevestig op die ANC en sy diskriminasie, spesifiek teen Afrikaners.

“Afrikaners voel soos bannelinge in hul eie land. Trump gee erkenning hieraan. Die ANC het nie net die VSA vervreem nie, maar ook Afrikaners,” meen Hermann.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

0000416479_resized_newidcard

Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

Ander Nuus Artikels

Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.
22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie
LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende