13 Junie 2024
Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde is vanoggend weer in dié pos herkies vir ‘n verdere vyf jaar termyn ná die onlangse nasionale, en provinsiale verkiesing.
Winde sê in ‘n verklaring dat dit ‘n groot eer en voorreg is om vir ‘n tweede termyn verkies te word. “Tydens my eerste termyn as premier het ons talle doelwitte bereik, om die Wes-Kaap se probleme onder die loep te neem.”
Hy sê hoewel die provinsie baie bereik het, is daar steeds baie wat gedoen moet word om inwoners van die Wes-Kaap se lewensgehalte te verbeter. “Tydens my besoeke aan verskeie stede, dorpe en gemeenskappe is ek gekonfronteer met die uitdagings wat gewone mense daagliks in die gesig staar.”
Winde meen hy besef dat hy en sy regering ‘n reuse verantwoordelikheid het om ‘n goeie, en veilige lewe vir Wes-Kapenaars te vestig. Hy sê die provinsie se ekonomie moet steeds groei, meer poste moet geskep word, en die versterking van die kragnetwerk is ‘n belangrike prioriteit.
Hy het nie net mense bedank vir hulle vertroue in hom nie, maar het ook sy familie bedank wat groot opofferings moet maak weens die aard van sy werk.
Alan Winde Sworn in @Our_DA pic.twitter.com/owe3vpo5zz
— MDN NEWS (@MDNnewss) June 13, 2024