Intermezzo met Marianne

Sondae
16:00 - 17:00

Luister nou

Volgende

Al hoe minder geregtigheid binne die regstelsel te sien

Nuuskommentaar: 12 Oktober 2022

Deur: Alet Rademeyer

Landsburgers sien, hoor en ervaar al hoe meer hoe die regstelsel, net soos dienslewering in die land, ongekende verval en agteruitgang toon.

Net soos gewone mense swak dienslewering, veral op die platteland, aan hul lyf voel, is dit ook die geval met individue wat om een of ander rede aan die regstelsel uitgelewer is.

Een van die redes vir die ineenstorting van munisipale dienste en infrastruktuur is die ANC se beleid van kaderontplooiing en die aanstelling van onbevoegde en onbekwame mense wat skynbaar min tot niks vir hul medemens omgee nie en hoofsaaklik op selfverryking ingestel is. Ernstige gevaarligte flikker ook binne die regstelsel waar dit op die oog af toenemend blyk dat landdroste en regters hul in posisies bevind waar hulle polities en ideologies gemotiveerde eerder as objektiewe regsuitsprake lewer.

Ter motivering van bogenoemde stelling hoef maar net na ’n paar uitsprake die afgelope tyd gekyk te word. Benewens die onakkurate interpretasie wat met van die uitsprake verband hou, kan daar ook nie van die skreiende onreg weggedeins word waar beskuldigdes vir lang tye onregmatig in die tronk aangehou is en enorme uitgawes moes aangaan om hulself te verdedig nie.

Garth Simpson, ’n boer van Glencoe in KwaZulu-Natal, was maande in aanhouding nadat hy aanvanklik borgtog geweier is. Hy is van moord aangekla op Qiniso Dlamini wat noodlottig getref is toe hy ’n haelgeweer by Simpson wou afneem. Die voorval het plaasgevind toe ’n groep veewagters geëis het dat Simpson beeste aan hulle moet oorhandig wat volgens hulle hul eiendom was. Hy is op borgtog vrygelaat nadat AfriForum hom bygestaan het om ’n aansoek in die hooggeregshof in Pietermaritzburg in te bring. Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het besluit om nie met vervolging voort te gaan nie nadat Simpson se regspan vertoë gerig het dat hy uit noodweer opgetree het. Hy is in September vrygespreek.

Nico Uys (60) en sy seun, CJ (23), boere in die Dullstroom-omgewing, is in Julie gearresteer op ’n aanklag van mensehandel. Hulle is daarvan beskuldig dat hulle en twee ander beskuldigdes saam opgetree het om mense onwettig die land in te bring wat glo werk op hul plaas aangebied is.

Hulle is ook eers in September op borgtog van R20 000 elk vrygelaat nadat regter Mpopelele Langa in die hooggeregshof in Middelburg bevind het dat die landdros in Belfast gefouteer het deur borgtog aan hulle te weier. Langa het aangevoer daar is ruimte vir twyfel in die staat se saak teen die Uyse en dat hulle niks het om weg te steek nie omdat hulle bywyse van ’n beëdigde verklaring in die borgtogaansoek getuienis gelewer het en nie self in die getuiebank gestaan het nie.

Ook Corrie Pretorius van Groblersdal het eers in September borgtog gekry nadat hy sedert Junie in aanhouding was nadat hy en ’n tienerseun in ’n stryery by ’n kitskosrestaurant op die dorp betrokke geraak het. Hy word daarvan beskuldig dat hy die seun aangerand en ’n vuurwapen op hom gerig het. Die hooggeregshof in Limpopo het landdros Nancy Mathavha se uitspraak tersyde gestel wat beweer het sy lewe sou in gedrang gewees het as hy aanvanklik vrygelaat is.

Leon Lourens Coetzee van Pretoria-Noord is in April 2021 op aanklag van poging tot moord in hegtenis geneem nadat hy Themba Thabethe glo met ’n mes gesteek het. Borgtog is eers in Junie 2021 deur die hooggeregshof toegestaan wat bevind het landdros Thabo Ramahanelo het gefouteer deur borgtog te weier en te bevind daar is geen buitengewone omstandighede bewys om sy vrylating te regverdig nie. Die hooggeregshof het bevind daar is geen bewys dat die beskuldigde die moord beplan het nie. Hy is intussen ook vrygespreek nadat die hof beslis het dat hy uit selfverdediging opgetree het.

Dit is onregverdige behandeling en ongelykheid voor die reg soos hierdie wat dit van wesenlike belang maak dat instansies soos AfriForum se privaatvervolgingseenheid ondersteun moet word om in belang van geregtigheid in te gryp en op te tree.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

Intermezzo met Marianne

Sondae
16:00 - 17:00

Luister nou

Volgende