19 Julie 2022
‘n Aktivis wat hom beywer om plaasaanvalle en gronbesetting aan die groot klok te hang, Petrus Sitho, het vandag ‘n klagte teen president Cyril Ramaphosa by ‘n polisiekantoor in Bloemfontein ingedien.
Sitho voer aan die president het in 2018 gejok toe hy op televisie gesê het dat geen boere in die land vermoor word nie.
Die klaer het met behulp van ‘n voormalige bevelvoerder van die vloot, luitenant-kolonel Sylvester Mangolele, die klagte deur ‘n regter in die hogggeregshof laat sertifiseer en ‘n saaknommer gekry.
Sitho het ook sy teleurstelling uitgespreek dat die president en die minister van polisie, Bheki Ceale, nie die toneel van ‘n plaasaanval in Kestell besoek het waar sewe mense Vrydag vermoor is nie.