3 November 2021
Dit is week 10 van die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings. Begin jy al daarna uitsien om uit te vind wie die wenners in elke kategorie is?
Volgende aan die beurt is die kategorie vir die “Kontemporêre Liedjie van die Jaar”.
Die wenners in elke kategorie word op 1 Desember 2021 tydens ‘n spesiale geleentheid bekend gemaak.
Die finaliste in dié kategorie is:
- Ruhan du Toit met “Monumentaal” (Kode: KL01)
- Elandré met “Waar die wind my waai” (Kode: KL02)
- Elandré, Brendan Peyper, Christia Visser en Refentse met “Ons maak saak” (Kode: KL03)
- Jo Black met “Spring Live” (Kode: KL04)
- Juanita du Plessis met “Dis tyd” (Kode: KL05)
- Bernice West met “Sonop-blom” (Kode: KL06)
Jy kan vir jou gunsteling stem deur die unieke kode van die liedjie te SMS na 45692 (SMS kos R1,50).
Die lyne open op 3 November 2021 om 20:30 en sluit op 10 November om 19:00.
Besoek elke Woensdagaand Pretoria FM se Facebook-blad vir die bekendmaking van elk kategorie en wié die finaliste is.
Vir die wat die weeklikse bekendmaking misgeloop het, sal elke kategorie se program vir ‘n week lank op Pretoria FM se webwerf www.pretoriafm.co.za beskikbaar wees, om weer na die video te kyk.
Die kategorieborg is Hurter Spies Prokureurs en die Aitsa’s 2021 word aangebied in samewerking met AfriForum en Solidariteit.
Hou Pretoria FM se Facebook-blad volgende Woensdag (10 November) dop om uit te vind wie is die finaliste in die kategorie “Afrikaanse Liedjie van die Jaar” is.
Vir meer besonderhede, kontak:
Riaana Nell
E-pos: [email protected]
Willie Spies 083 676 0639
3 November 2021
Stem vir die Aitsa’s