Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Aitsa’s: “Staan bietjie op en dans!” Die finaliste in die kategorie, Pop Liedjie van die Jaar is….

27 Oktober 2021

Dit is die liedjes wat jou voete laat jeuk, jou kliphard in jou motor laat saam sing op pad na jou vakansiebestemming én dié liedjie wat heeldag – soms onwetend – in jou kop vassit.

Dit is week nege van die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings en volgende aan die beurt is die kategorie vir die “Pop liedjie van die Jaar”.

Die wenners in elke kategorie word op 1 Desember 2021 tydens ‘n spesiale geleentheid bekend gemaak.

Die finaliste in dié kategorie is:

  • Elandré met “Dag en Nag” (Kode: PL01)
  • Riaan Benade met “Spontaan” (Kode: PL02)
  • Ricus Nel (ft Snotkop) met “Boerepompie” (Kode: PL03)
  • Demi Lee Moore met “Maak my jou tequila” (Kode: PL04)
  • Snotkop met “Pens en Pootjies” (Kode: PL05)
  • Riaan Benade met “Lieg vir my” (Kode: PL06)

Jy kan vir jou gunsteling stem deur die unieke kode van die liedjie te SMS na 45692 (SMS kos R1,50). 

Die lyne open op 27 Oktober 2021 om 20:30 en sluit op 3 November om 19:00.

Besoek elke Woensdagaand Pretoria FM se Facebook-blad vir die bekendmaking van elk kategorie en wié die finaliste is.

Vir die wat die weeklikse bekendmaking misgeloop het, sal elke kategorie se program vir ‘n week lank op Pretoria FM se webwerf www.pretoriafm.co.za  beskikbaar wees, om weer na die video te kyk.

Die kategorieborg is Immunadue en die Aitsa’s 2021 word aangebied in samewerking met AfriForum en Solidariteit.

Hou Pretoria FM se Facebook-blad volgende Woensdag (3 November) dop om uit te vind wie is die finaliste in die kategorie “Kontemporêre Liedjie van die Jaar” is.

Vir meer besonderhede, kontak:

Riaana Nell

E-pos: [email protected]

Willie Spies

083 676 0639

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

pexels-yungsaac-2119758

Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente

iStock-636725972-e1653556428313

Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Ander Nuus Artikels

arv in water 2 ander formaat
TEENVIGSMIDDELS IN WATER WEK KOMMER
POLISIE2
VERTROUE IN POLISIEDIENS DAAL KWAAI
xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende