15 September 2021
Die bekendmaking van die finaliste in elke kategorie van die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings is in sy derde week en volgende aan die beurt is die instrumentale kategorie.
Die wenners in elke kategorie word op 1 Desember 2021 tydens ‘n spesiale geleentheid bekend gemaak.
Die derde kategorie in vanjaar se toekennings is die “Instrumentale Liedjie van die Jaar”.
Die finaliste in dié kategorie is:
- CH2 met “The Nights” (Kode: IL01)
- Strings on fire met “Toss the feathers” (Kode: IL02)
- CH2 met “Sojourn” (Kode: IL03)
- VatVas Dansorkes met “Laat aand boogie” (Kode: IL04)
- Strings on Fire met “Tico-Tico” (Kode: IL05)
- CH2 met “Black Pearl” (Kode: IL06)
Jy kan vir jou gunsteling stem deur die unieke kode van die liedjie te SMS na 45692 (SMS kos R1,50). Die lyne open op 15 September 2021 om 20:30 en sluit op 22 September om 19:00.
Besoek vir die volgende 12 weke, elke Woensdagaand Pretoria FM se Facebook-blad vir die bekendmaking van elke kategorie en wié die finaliste is.
Vir die wat die weeklikse bekendmaking misgeloop het, sal elke kategorie se program vir ‘n week lank op Pretoria FM se webwerf www.pretoriafm.co.za beskikbaar wees, om weer na die video te kyk.
Die kategorieborg is CMAC Healthcare Consulting & Financial Services en die Aitsa’s 2021 word aangebied in samewerking met AfriForum en Solidariteit.
Hou Pretoria FM se Facebook-blad volgende Woensdag (29 September) dop om uit te vind wie is die finaliste in die kategorie “Liedjieskrywer van die Jaar”.
Vir meer besonderhede, kontak:
Riaana Nell
E-pos: [email protected]
Stem vir die Aitsa’s