20 Oktober 2021
Hulle werk agter die skerms om die “legkaart” aan mekaar te sit en om jou gunsteling liedjie die lig te laat sien. Dit is week agt van die bekendmaking van die finaliste in vanjaar se Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings en volgende aan die beurt is die kategorie van die Vervaardiger van die Jaar.
Die wenners in elke kategorie word op 1 Desember 2021 tydens ‘n spesiale geleentheid bekend gemaak.
Die finaliste in dié kategorie is:
- Dirk van Niekerk met “Binne en Buite” (Kode: VV01)
- Robin Kiley met “Sonop-Blom” (Kode: VV02)
- Jurgen von Wechar en Chris von Wielligh met “Verander” (Kode: VV03)
- Juan “Floors” Oosthuizen met “Spontaan” (Kode: VV04)
- Murray Lubbe met “Nonna” (Kode: VV05)
- Dirk van Niekerk met “Boerepompie” (Kode: VV06)
Jy kan vir jou gunsteling stem deur die unieke kode van die liedjie te SMS na 45692 (SMS kos R1,50).
Die lyne open op 20 Oktober 2021 om 20:30 en sluit op 27 Oktober om 19:00.
Besoek elke Woensdagaand Pretoria FM se Facebook-blad vir die bekendmaking van elk kategorie en wié die finaliste is.
Vir die wat die weeklikse bekendmaking misgeloop het, sal elke kategorie se program vir ‘n week lank op Pretoria FM se webwerf www.pretoriafm.co.za beskikbaar wees, om weer na die video te kyk.
Die kategorieborg is Dinamika en die Aitsa’s 2021 word aangebied in samewerking met AfriForum en Solidariteit.
Hou Pretoria FM se Facebook-blad volgende Woensdag (27 Oktober) dop om uit te vind wie is die finaliste in die kategorie “Pop Liedjie van die Jaar” is.
Vir meer besonderhede, kontak:
Riaana Nell
E-pos: [email protected]
Willie Spies
083 676 0639
Stem vir die Aitsa’s