22 September 2021
Die bekendmaking van die finaliste in elke kategorie van die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings is in sy vierde week en volgende aan die beurt is die kategorie vir die Liedjieskrywer van die Jaar.
Die wenners in elke kategorie word op 1 Desember 2021 tydens ‘n spesiale geleentheid bekend gemaak.
Die vierde kategorie in vanjaar se toekennings is die “Liedjieskrywer van die Jaar”.
Die finaliste in dié kategorie is:
- Ricus Nel, Francois Henning, Don Kelly, Adolf Vorster en Dirk van Niekerk met “Boerepompie” (Kode: LS01)
- Elandré Schwartz met “Dag en Nag” (Kode: LS02)
- Juan Boucher met “Ek dink ek mis maar net jou hart” (Kode: LS03)
- Frederik Adriaan Benade, Paulo Azevedo en Georic Lomas met “Gooi nog ‘n whiskey” (Kode: LS04)
- Riana Nel met “Hou die hemel oop” (Kode: LS05)
- Elandré Schwartz “Rugsak” (Kode: LS06)
Jy kan vir jou gunsteling stem deur die unieke kode van die liedjie te SMS na 45692 (SMS kos R1,50).
Die lyne open op 22 September 2021 om 20:30 en sluit op 29 September om 19:00.
Besoek vir die volgende 12 weke, elke Woensdagaand Pretoria FM se Facebook-blad vir die bekendmaking van elke kategorie en wié die finaliste is.
Vir die wat die weeklikse bekendmaking misgeloop het, sal elke kategorie se program vir ‘n week lank op Pretoria FM se webwerf www.pretoriafm.co.za beskikbaar wees, om weer na die video te kyk.
Die kategorieborg is Solar Man en die Aitsa’s 2021 word aangebied in samewerking met AfriForum en Solidariteit.
Hou Pretoria FM se Facebook-blad volgende Woensdag (29 September) dop om uit te vind wie is die finaliste in die kategorie “Nuweling van die Jaar”.
Vir meer besonderhede, kontak:
Riaana Nell
E-pos: [email protected]
Stem vir die Aitsa’s