Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Aitsa’s: Die finaliste in die kategorie vir die nuweling van die jaar is…

29 September 2021

Nuweling van die Jaar: Hulle het soos ‘n vars briesie die musiekbedryf binnegekom. Ja, dit is week vyf van die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings, en volgende aan die beurt is die kategorie vir die Nuweling van die Jaar.

Die wenners in elke kategorie word op 1 Desember 2021 tydens ‘n spesiale geleentheid bekend gemaak.

Die finaliste in dié kategorie is:

  1. Christia Visser met “17 Shots” (Kode: NW01)
  2. Janie Bay met “Amper daar” (Kode: NW02)
  3. Bernice West met “Sonop-Blom” (Kode: NW03)
  4. Riaan Benade met “Spontaan” (Kode: NW04)
  5. Jack & June met “Steek ons liefde aan die brand” (Kode: NW05)
  6. Margot met “Tydelike afleiding” (Kode: NW06)

Jy kan vir jou gunsteling stem deur die unieke kode van die liedjie te SMS na 45692 (SMS kos R1,50). 

Die lyne open op 29 September 2021 om 20:30 en sluit op 6 Oktober om 19:00.

Besoek vir die volgende 12 weke, elke Woensdagaand Pretoria FM se Facebook-blad vir die bekendmaking van elke kategorie en wié die finaliste is.

Vir die wat die weeklikse bekendmaking misgeloop het, sal elke kategorie se program vir ‘n week lank op Pretoria FM se webwerf www.pretoriafm.co.za  beskikbaar wees, om weer na die video te kyk.

Die kategorieborg is Immunadue en die Aitsa’s 2021 word aangebied in samewerking met AfriForum en Solidariteit.

Hou Pretoria FM se Facebook-blad volgende Woensdag (6 Oktober) dop om uit te vind wie is die finaliste in die kategorie “Musiekvideo van die Jaar”.

Vir meer besonderhede, kontak:

Riaana Nell

E-pos: [email protected]

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Ander Nuus Artikels

0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende