18 November 2022
‘n Rekord getal van 24 287 stemme is deur lede van die publiek uitgebring vir vanjaar se Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings. Die stemmery het om 19:00 op Dinsdagaand 16 November, gesluit.
Vanjaar se Aitsa toekennings het ook ‘n rekord aantal inskrywings gehad. Teen die sluitingsdatum vir inskrywings op 30 Junie vanjaar, is altesaam 389 inskrywings vir die jaar se gesogde toekenningsgeleentheid ontvang. Slegs snitte wat vanaf 1 April 2021 tot 31 Maart 2022 uitgereik is, kon vir vanjaar se toekenningsgeleentheid ingeskryf word. In 2019 was daar 288 inskrywings, in 2021 is wel 503 inskrywings ontvang maar dit was vir ‘n twee jaar-tydperk, omdat die Aitsas nie in 2020 kon plaasvind nie weens Covid-inperkings. Vanjaar se 389 inskrywings verteenwoordig dus ‘n 35% groei vergeleke met die eerste Aitsa toekenningsgeleentheid in 2019.
Die finaliste vir die 2022 Aitsa toekennings is op 24 Augustus bekend gemaak en sedertdien kon die publiek weekliks aanlyn stem vir hulle gunstelinge in die twaalf kategorieë.
In die kategorie Luisterliedjie van die jaar, was die finaliste:
Corlea Botha met “Haat”;
Elvis Blue met “Goud in die vuur”;
Brendan Peyper met “Op jou spoor”;
Appel met “Hier sal jy boer”;
Demi Lee Moore met “Jy ken my naam”; en
Karlien van Jaarsveld met “Fontein op die maan”.
In die kategorie Vervaardiger van die jaar, was die finaliste:
Murray Lubbe met “Vrystaat Vlaktes” van Reën;
Murray Lubbe met “Dina” gesing deur Appel;
Juan “Floors” Oosthuizen met “Meer as genoeg” gesing deur Elvis Blue;
Murray Lubbe met “Op jou spoor” gesing deur Brendan Peyper;
Barthlo Visagie & Paulo Azevedo met “Fontein op die maan” gesing deur Karlien van Jaarsveld; en
Juan “Floors” Oosthuizen met “Rowwe Bliksem” gesing deur Riaan Benadé en Jay du Plessis.
In die kategorie Popliedjie van die jaar, was die finaliste:
Reën met “Vrystaat Vlaktes”;
Demi Lee Moore en Riaan Benadé met “Kannie sonder jou”;
Ricus Nel met “Ploeg jy?”;
Brendan Peyper met “Stop die wêreld ek wil afklim”;
Irene-Louise van Wyk met “Tekkies brand”; en
Appel met “Dina”.
In die kategorie Nuweling van die jaar, was die finaliste:
Eloff met “Johnnie Blou”;
Germandt Geldenhuys met “In geval”;
Alter Ego met “Verlore”;
Jodi Jantjies met “Gee my die woorde”;
Simoné Roets met “Dans in die donker”; en
Corné Pretorius met “Liefde is ‘n werkwoord”.
In die kategorie Alternatiewe/Rock liedjie van die Jaar, was die finaliste:
Spoegwolf met “Vergeet”;
Spoegwolf met “Slapende Honde”;
Tasché met “Pappa probleme”;
Corné Pretorius met “Liefde is ‘n werkwoord”;
Alter Ego met “Verlore”; en
Zaan Sonnekus met “Ek kan net bid”.
In die kategorie Boeremusiek liedjie van die jaar, was die finaliste:
Die Vatvas Dansorkes met “Vaaldam toe”;
Die Vatvas Dansorkes met “Volstruis Vastrap”; en
Voetstamp met “Petronella”.
In die kategorie Geestelike liedjie van die jaar, was die finaliste:
Esté Gross en Len Muller met “Hemelruim”;
Franna Benade met “Net soos ek is”;
Jannie Moolman en Dewald Gouws met “Met hierdie lofsang”;
Franna Benade met “Krag in die bloed”;
Jodi Jantjies met “Een Naam”, en
Klipwerf met “Die Heiland is gebore”.
In die kategorie Instrumentale liedjie van die jaar, was die finaliste:
Scheppel met “Dorp toe”;
Jacques Rautenbach met “Take me home”;
Scheppel met “Toe vind ek jou”;
Jacques Rautenbach met “My Christmas wish”;
Jacques Rautenbach met “It’s all in vein”; en
Vatvas Dansorkes met “Vatvas se blues”.
In die kategorie Liedjieskrywer van die jaar, was die finaliste:
Elvis Blue met “Meer as genoeg”;
Elvis Blue met “Goud in die vuur”;
Jo Black, Refentse, Christoph Kotze, Jacques Mouton, Danny Smoke met “Rig jou oë na die berge”;
Johan Oberholzer met “Haat” vertolk deur Corlea Botha;
Christoph Kotze en Paulo Azevedo met “Dina” vertolk deur Appel; en
Christoph Kotze en Elizabeth Kruger met “Hardwerkende Man” vertolk deur Appel.
In die kategorie Musiekvideo van die jaar, was die finaliste:
Johan C Venter en Eric T Graham met “Vat ‘n bietjie”, vertolk deur Riaan Benadé;
Johan C Venter en Eric T Graham met “Wie se hart breek jy vanaand?”, vertolk deur Demi Lee Moore;
Christian Wolf en Stephan Hugo met “RSA in my DNA”, vertolk deur Jan Jan Jan;
Jannes Erasmus en Daniël Rademeyer met “Hemel op aarde”, vertolk deur Bernice West;
Johan C Venter en Eric T Graham met “Ploeg jy?” vertolk deur Ricus Nel; en
Christian Wolf met “Vrystaat Vlaktes” vertolk deur Reën.
In die kategorie Kunstenaar van die Jaar, was die finaliste:
Elvis Blue;
Demi Lee Moore;
Riaan Benadé;
Appel;
Irene-Louise van Wyk; en
Bernice West
In die kategorie Afrikaanse liedjie van die jaar, was die finaliste:
“Haat”, gesing deur Corlea Botha;
”Reën”, gesing deur Vrystaat Vlaktes;
“Dis wie ek wil wees” deur Elvis Blue;
“Vergeet” deur Spoegwolf;
“Rig jou oë na die berge” gesing deur Jo Black en Refentse; en
“Op jou spoor” gesing deur Brendan Peyper.
Twee spesiale kategorieë vir die Suksesvolste Afrikaanse Liedjie, deur ‘n manlike sowel is ‘n vroulike kunstenaar, volgens die stromingsplatforms Spotify, Apple Music, You Tube Music en You Tube Video sal ook by die toekenningsaand aangekondig word.
Na die sluiting van die stemmery word die stemme volgens ‘n voorafbepaalde formule met die beoordelaarsterugvoer gekonsolideer en deur ‘n onafhanklike ouditeursfirma geverifieer.
Die wenners word op 29 November 2022 by ‘n galageleentheid in die Choose Life Ouditorium, in Moreleta Park, Pretoria plaasvind. Die publiek kan die geleentheid by woon en kaartjies is vooraf te koop vir R250 elk by www.iTickets.co.za gekoop word. Tydens die geleentheid sal Riaan Benadé, Demi Lee Moore, Tarryn Lamb, Rocco de Villiers, Elandré, Droomsindroom, Simoné Roets, Refentse, Pieter Koen en Marie Molefe van Heerden as gaskunstenaars optree in ‘n vertoning wat beloof om soos die vorige twee Aitsa Toekenningsgeleenthede, ‘n glansryke viering van Afrikaanse musiek te wees.