15 September 2022
Die Belgiese lugdiens, Air Belgium sal vir die eerste keer besigheid in Suid-Afrika doen.
Dit kom nadat die lugdiens vanoggend sy vlugte tussen Brussels, Johannesburg en Kaapstad aangekondig het en gee nou vir Suid-Afrikaners die kans om direkte toegang tot die hartjie van Europa te kry.
Die lugredery se moderne A330neo-vliegtuig sal elke Woensdag en Sondag vanaf Brussels vertrek en sal die volgende oggend in Johannesburg en Kaapstad land. Die vliegtuig het 30 sitplekke in die besigheidsklas, 21 in eerste klas en 235 sitplekke in die ekonomiese klas.
Die lugdiens se uitvoerende hoof, Niky Terzakis sê hulle is opgewonde oor die nuwe geleentheid.
https://twitter.com/Airbelgium/status/1570118190965100545