My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende

Ahmed Timol-moordbeskuldigde, Joao Rodrigues oorlede

7 September 2021

Joao Rodrigues – die voormalige polisieman wat van die moord op die apartheidsera aktivis – Ahmed Timol – aangekla is, is in die ouderdom van 82 oorlede.

Ahmed Timol.

Rodrigues se regsverteenwoordiger, Ben Minnaar sê sy kliënt is Maandagaand aan natuurlike oorsake oorlede.

Minnaar sê Rodrigues was olik sedert ‘n gedeelte van sy een long verwyder is.

Hy het ‘n paar weke in die hospitaal deurgebring voordat hy ontslaan is om tuis aan te sterk.

Hoewel Rodrigues tekens van herstel getoon het, het sy toestand skielik versleg en het hy die stryd verloor.

Die hoogste hof van appèl het Rodrigues se aansoek in Junie van die hand gewys waarin hy versoek het dat die staat permanent sy poging staak om hom te vervolg vir die dood van Timol in 1971. Hy is in polisieaanhouding dood toe hy uit die gebou van die destydse John Vorsterplein-polisiekantoor in Johannesburg geval het.

‘n Geregtelike ondersoek in 2017 het egter getoon dat Timol vermoor is.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende