Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Agterstand in rybewyse staan op 2,1-miljoen, sê Mbalula

3 Februarie 2022

Die departement van vervoer sê dit sal ongeveer vier maande neem om die agterstand in die uitreiking en hernuwing van rybewyse op te los.

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula het vanoggend tydens ‘n mediakonferensie gesê dat die agterstand in rybewyse wat teen 31 Maart 2022 verval en steeds hernu moet word, op 2,1-miljoen staan. 

70% van dié agterstand, of sowat 1,5-miljoen rybewyskaarte het tydens die grasietydperk weens die Covid-19-pandemie verval. Dié grasietydperk geld net vir motoriste wie se lisensies tussen 26 Maart 2020 en 31 Augustus 2021 verval het. Die sogenaamde grasie-rybewyse is net tot 31 Maart vanjaar geldig.

LEES OOK: AGTERSTAND IN LISENSIES VERANDER VERANTWOORDELIKE BURGERS IN KANSVATTERS

Hy sê dit is kommerwekkend dat die grasietydperk oor bietjie meer as ‘n maand verval, maar dit wil voorkom asof mense nie afsprake maak om hulle lisensies te hernu nie. “Slegs 53 mense het die naweek in hulle rybewyse hernu, terwyl 150 motoriste per dag bygestaan kan word.”

Volgens Mbalula is die agterstand vererger nadat die land se enigste rybewys-drukker in November verlede jaar gebreek het. Dit moes na Duitsland gestuur word om herstel te word en het eers verlede maand weer na die land teruggekeer. 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende