17 Februarie 2023
Die dodetal weens sikloon Gabrielle, wat sedert Sondag verwoesting aan Nieu-Seeland se ooskus aangerig het, het tot agt gestyg.
Die premier van Nieu-Seeland, Chris Hipkins waarsku dat dié dodetal selfs verder kan styg soos wat nooddiensspanne by talle gemeenskappe, wat weens die sikloon van die buitewêreld afgesny is, uitkom.
LEES OOK: NIEU-SEELAND KONDIG NOODTOESTAND AF OOR SIKLOON GABRIELLE
Tot 4500 mense het tot dusver owerhede in kennis gestel dat hulle nie vriende of familie kon bereik sedert die sikloon getref het nie.
Nieu-Seeland het vroeër vandeesweek ‘n nasionale ramptoestand oor Gabrielle afgekondig. Sowat 62000 eiendomme is steeds sonder elektrisiteit, plase en brûe is verspoel, vee het weggespoel, huise is oorspoel en sommige inwoners is op dakke gestrand gelaat.