30 Januarie 2023
Agt mense is gister by ‘n verjaarsdagpartytjie in ‘n huis in KwaZakhele in Port Elizabeth doodgeskiet.
Drie ander mense is in die skietery beseer.
Volgens die polisie se voorlopige ondersoek het twee onbekende mans gistermiddag die perseel betree, en toe op die gaste begin skiet. Die eienaar van die huis, wat verjaar het, is ook doodgeskiet.
‘n Soektog is na die twee verdagtes van stapel laat loop.
Die polisieminister Bheki Cele, en die nasionale polisiekommisaris Fannie Masemola sal vandag die misdaadtoneel besoek.