8 Februarie 2023
Agri SA het ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om landbou as ‘n noodsaaklike diens te verklaar. Dít te midde van die land se voortslepende kragkrisis.
Hulle voer aan dat krag noodsaaklik is vir boere om hul gewasse mee te besproei. Die bedrywighede van vleis- en melkboere word egter ook deur die gebrek aan krag beïnvloed.
Volgens Agri SA sal kan die voortdurende kragonderbrekings veroorsaak dat ondernemings ineenstort én voedsekerheid bedreig.
Ander belanghebbendes het ook ‘n beroep op die president gedoen, op die vooraand van sy staatsrede, om brandstofheffings vir kosprodusente en kleinhandelaars te skrap.
Die uitvoerende hoofde van onder meer Pick n Pay, Burger King, Pepsi, Shoprite en Famous Brands vra ook dat suikerbelasting geskrap moet word én dat daar belasting- en ander aansporings in plek gestel moet word vir ondernemings wat groenkrag installeer.
Hou Pretoria FM en Klankkoerant deurlopend dop vir die jonste nuus vanaf Anton Meijer, wat die staatsrede in Kaapstad bywoon.