Nuuskommentaar: 15 Desember 2021
Deur: Jan Bosman
Die Gelofte verbind ons as opkomende geslagte nie net tot die herdenking van die dag as dankdag nie. Ons moet ook uit die dag hoop, krag en inspirasie put. Die Groot Trek en die dekades en eeue na die Slag van Bloedrivier het gewys dat Afrikaners uit ‘n besondere stoffasie gemaak is.
Nie net kan ons uit die begrip Afrikaners ons verbintenis tot Afrika aflei nie maar kan ons ook ons besondere gene bevestig want Afrikaners is ook KAN mense – Afri-KAN-ers.
Afrikaners KAN – Ons is nou in ʼn tyd waarin die KAN die 5e, 6e en 6e letters van die woord Afrikaners na vore moet kom
- Ons kan as Afrikaners werk na ‘n vorm van selfbestuur of outnomiteit waarin on onsself uitleef binne ons kulturele verband
- Ons kan As Afrikaners ʼn verskil in die land maak
- Ons kan as Afrikaners ʼn wesenlike bydrae lewer tot die Suid-Afrika waarin ons onself wil laat leef.
- Ons kan as gelowige Afrikaners die naasteliefde gebod volkome ons eie maak in interaksie met mekaar en met mede-Suid-Afrikaners.
Ons wil ook Vryheid in ʼn regverdige bestel hê wat gebaseer is op die volgende:
- die skepping van ’n vrye en regverdige samelewing waarin mense vir mekaar omgee;
- waarin alle burgers van die staat se vrede en veiligheid verseker is;
- waarin ons as Afrikaners ons volle potensiaal kan bereik; en
- die algemene welsyn van die gemeenskap, bevorder word.
Wees trotse KAN Afrikaners – Afrikanerskap staan in 2021 nie in spanning of in isolasie teenoor ander identiteite nie, maar saam met ‘n veelvoud van identiteite. Daar is kulturele kenmerke wat Afrikaners saamsnoer soos ‘n gemeenskaplike geskiedenis, ʼn Christelike lewens- en wêreldbeskouing en ‘n Westerse lewenswyse.
Die geskiedenis en die hede wys dat Afrikaners standvastig is, gelowig is, skeppers en bouers is, konstruktief krities is oor die hede, met respek optree teenoor ander mede Suid-Afrikaners en boewenal pioniers is wat grense skuif en wat patriotte is wat lief is vir ons land en die grond wat ons bewerk.
Ons KAN strewe na vryheid binne ʼn regverdige bestel – Met ander woorde gun ons die vryheid om Afrikaners te wees – net soos wat elke Suid-Afrikaner sy of haar identiteit en kultuur kan uitleef. Daarom kan ons ook vandag en met morele gesag van die regering en van andere vereis: – Skep die omstandighede waarin die waardes van gelykheid, die bevordering van menseregte en vryhede en nie-rassigheid tot sy volle konsekwensies uitgeleef kan word – eers dan kan ons praat van ʼn regverdige bestel.
Ons moet in 2021 ook eerlik wees en nie meer polities korrek swyg oor vergrype nie. Ons moet ook ernstig besin oor die regte wat ons so mildelik opeis maar lou is oor die verantwoordelikheid en aanspreeklikheid wat die vryhede bring. Inteendeel die individuele aandrang op regte, of dit nou vryheid van spraak, of enige ander mensereg is, word soms met politiek gedrewe korrektheid bevorder ten koste van die gepaardgaande verantwoordelikheid. Ons voorouers het met die Gelofte die nageslag verbind en dit is in die gees van die groot verantwoordelikheid dat ons dit elke jaar vier. Nie omdat ons moet nie maar omdat ons Afrikaners is wat kan.