16 September 2022
Die VF Plus sê hy soek antwoorde van die visekanselier van die Noordwes-Universiteit, dr. Bismark Tyobeka, oor die beweerde skorsing van die primaria van die Karlien-dameskoshuis.
Sy is volgens berigte geskors na sy ‘n toespraak in Afrikaans tydens ‘n koshuisdinee gelewer het. Volgens berigte het sy Engelse studente “in die gesig gevat.” Inwoners van die koshuis was glo ook woedend oor haar keuse van musiek, insluitend “sokkieliedjies.”
Die VF Plus sê indien die berigte waar is, sal hy ‘n klagte indien by die Menseregtekommissie, aangesien dit blatante diskriminasie teen Afrikaans is.
Die woordvoerder van die NWU, Louis Jacobs, sê die geleentheid is na bewering op ʼn wyse hanteer wat sekere studente onwelkom laat voel het. Hy meen die saak word intern hanteer.