Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Afrikaans weer in die kalklig by die Universiteit Stellenbosch

13 Februarie 2023

Bewerings dat studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) nie Afrikaans mag praat nie, het weer tydens die verwelkomingsweek kop uitgesteek.

Eerstejaar Matiestudente aan die Isa-dameskoshuis is na bewering voorgesê om slegs Engels te praat. Volgens berigte is daar glo aan inwoners gesê: “I don’t care if your mammie and pappie speaks Afrikaans at home, you are a Isa now.”

Koshuisleiers dring glo daarop aan dat Afrikaans ook nie tydens private gesprekke gebruik mag word nie.

LEES OOK: UNIVERSITEIT STELLENBOSCH SE TAALBELEID BLY VIR EERS IN SY HUIDIGE FORMAAT

Die Isa-dameskoshuis is nie ’n US-koshuis nie, maar neem volledig deel aan die US se verwelkomingsprogram. Matiestudente kan ook daar tuisgaan.

Volgens die Isa-Carstens akademie is die voorval egter ‘n misverstand. Die universiteit het in ‘n verklaring gesê dat taal oor meer gaan as net die taal en dat inklusiwiteit daardeur ook bewerkstellig moet word.

Die DA-LP, dr. Leon Schreiber het reeds ‘n skrywe aan die Menseregtekommissie gerig waarin hy antwoorde eis oor die bewerings.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412

DBV ruk resiesperdbedryf in die bek

pexels-yungsaac-2119758

Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente

iStock-636725972-e1653556428313

Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Ander Nuus Artikels

Roelf
Roelf Meyer en Tinyiko Maluleke sal nasionale dialoog lei
arv in water 2 ander formaat
TEENVIGSMIDDELS IN WATER WEK KOMMER
POLISIE2
VERTROUE IN POLISIEDIENS DAAL KWAAI
xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende