AfriForum: “Weg met rassekwotas; fokus op toegang tot fasiliteite en afrigting”


Luister nou

Volgende

AfriForum: “Weg met rassekwotas; fokus op toegang tot fasiliteite en afrigting”

3 Augustus 2021

Die burgerregte-organisasie, AfriForum het vroeër vandag in ’n mondelinge voorlegging voor Krieket Suid-Afrika (KSA) se Social Justice and Nation Building- (SJN-)paneel gesê dat KSA onder regeringsdruk en politieke inmenging geswig het deur “rassisme deur middel van rassekwotas struktureel deel van Suid-Afrikaanse krieket te maak.”

Dit kom nadat die organisasie genooi is om voor die paneel te verskyn nadat hul vroeër vanjaar ’n skriftelike voorlegging aan die SJN-komitee gemaak het. 

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is sy organisasie sterk gekant teen enige vorm van rassisme en rassekwotas in sport . Hy glo dat daar eerder pogings aangewend moet word om te verseker dat elke jong atleet toegang tot fasiliteite en goeie afrigting kry. 

“Slegs op dié wyse sal die land se talent ten volle kan ontwikkel en daar verhoed kan word dat spelers se waardigheid al op skoolvlak deur rasgebaseerde spankeuses geskend word,” sê Kriel. 

AfriForum het as alternatief tot kwotas ’n sespuntplan vir sportontwikkeling aan die SJN-paneel voorgehou. “Sou AfriForum se sespuntplan vir sportontwikkeling toegepas word en politieke agendas vermy word, sal ware bemagtiging van gemeenskappe en mense kan plaasvind. Sport het die vermoë om gemeenskappe saam te snoer, maar politieke inmenging in sport loop die risiko om gemeenskappe uitmekaar te jaag,” sê Ronald Peters, bestuurder van AfriForum Sport. 

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater

VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

Ander Nuus Artikels

ENOCH
Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging
pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

AfriForum: “Weg met rassekwotas; fokus op toegang tot fasiliteite en afrigting”


Luister nou

Volgende