4 Augustus 2023
Die burgerregteorganisasie, AfriForum, sê hy doen ‘n beroep op die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, Makgothi Thobakgale, om sonder uitstel aan te kondig of oud-president Jacob Zuma na die Estcourt-gevangenis moet terugkeer.
Dít volg nadat sy mediese parool deur die Grondwethof onwettig verklaar is, ná ‘n aansoek in 2021 deur AfriForum en ander.
LEES OOK: NOG NIE DUIDELIK WANNEER ZUMA SAL TERUGKEER NIE
‘n Woordvoerder van AfriForum, René van der Vyver, sê dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrikaanse landsburgers reeds 23 dae wag om te hoor of Zuma die res van sy vonnis gaan uitdien.
Van der Vyver sê Zuma tree op asof hy bo die wet geag word en sy het dit beklemtoon dat AfriForum gereed staan vir verdere optrede indien Thobakgale se finale besluit onwettig of onreëlmatig is.
