Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

AfriForum vra DA en VF Plus om RNE te heroorweeg sou Bela-wet bly

2 Oktober 2024

AfriForum het die DA en VF Plus amptelik versoek om hulle deelname aan die regering van nasionale eenheid (RNE) te heroorweeg sou die klousule in die Bela-wysigingswet – wat die voortbestaan van Afrikaanse skole bedreig – onveranderd geïmplementeer word.

Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel sê die organisasie se besluit volg nadat AfriForum intern noodgesprekke gevoer het in reaksie op die feit dat daar, volgens hom, ’n “groep anti-Afrikaanse aktiviste in die ANC, Gautengse regering en selfs polities gedrewe senior amptenare in die Nasionale Departement van Onderwys is wat minagtend optree teenoor president Cyril Ramaphosa se besluit om ’n geleentheid vir verdere beraadslaging oor die Bela-wet se taalklousules te skep.”

LEES OOK: Organisasies, partye het gemengde gevoelens oor die ondertekening van die Bela-wet

Kriel sê hierdie groep wil konstruktiewe gesprekke in die wiele ry en die Bela-wet se implementering in sy huidige formaat deur te stoomroller.

Kriel het daarop gewys dat die hoop dat die RNE ’n nuwe era van samewerking ingelui het, tot niet gemaak sal word indien dit blyk dat die ANC die DA en VF Plus gebruik het om ANC-beleidsrigtings na te volg.

Hy meen sou die Bela-wet ten volle onder die RNE geïmplementeer word, sal almal wat in die RNE dien medepligtig wees aan die Bela-wet se aanslag op die voortbestaan van Afrikaanse gemeenskappe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende