19 Augustus 2021
Die burgerregte-organisasie, AfriForum sê sy regspan is gereed om die nuwe staatsbeheerde maatskaplike sekerheidsfonds te beveg om te verhoed dat dié plan die groenlig kry.
Volgens die groenskrif wat deur die departement van maatskaplike ontwikkeling opgestel is, sal alle burgers verplig word om 12% van hul inkomste in dié fonds te deponeer, tot en met ’n maksimum van R 2760 per maand.
Die fonds sal dan glo gebruik word om maatskaplike toelae en pensioentoelae aan burgers te betaal. Mense wat ’n hoë inkomste verdien sal wel steeds bydraes aan hul eie privaat pensioenfondse moet maak.
“Sowat 2,7 miljoen belastingbetalers dra reeds die res van die land se inwoners en dit is verregaande om die reeds oorbelaste belastingbetaler nou nog verder te belas. Daar is ook geen twyfel wat met die geld sal gebeur nie,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se bestuurder van veldtogte.
Hou Afrikaans op die lug