14 Oktober 2021
Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag aangekondig dat hy Garth Simpson van Dundee met regshulp sal bystaan.
Simpson word van moord aangekla ná ’n voorval op sy plaas verlede maand waartydens ‘n 17-jarige seun doodgeskiet is.
AfriForum het vanoggend tydens ’n mediakonferensie verduidelik dat die organisasie by hierdie saak betrokke raak omdat dit lyk of Simpson ’n baie goeie verweer openbaar en moontlik suksesvol sal wees in sy verdediging, mits hy goeie regshulp het tydens die verhoor en nie die slagoffer word van politieke en rasgebaseerde aantygings nie.
Die hoof van beleid en aksie by AfriForum, Ernst Roets sê die organisasie het reeds in hierdie verband aan sy prokureurs Hurter Spies Ing. opdrag gegee en ’n advokaat is reeds vir hierdie doel aangestel.
Die strafregkenner, dr. Llewelyn Curlewis aangestel om die saak te ondersoek en aanbevelings aan AfriForum te maak.
Curlewis het tydens vanoggend se mediakonferensie verduidelik dat Simpson se weergawe vanuit suiwer regsbeginsels ’n volwaardige verweer teen die klagte(s) sal hê indien dit deur die hof aanvaar word en dat dit boonop onomwonde deur selfoonvideogetuienis gestaaf word.
Stem vir die Aitsa’s