17 Desember 2021
AfriForum se privaat vervolgingseenheid het vandeesweek ‘n mandamusaansoek aan die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging in Pretoria asook drie ander respondente beteken ten einde die Nasionale Vervolgingsgesag, die NVG, te dwing om ’n nolle prosequi-sertifikaat uit te reik in die saak van André Fourie.
Volgens die organisasie sal hierdie sertifikaat die privaat vervolgingseenheid in staat stel om Fourie te verteenwoordig in die privaat vervolging van Sello Mojela op klagtes van crimen injuria.
Die voorval waaruit Fourie se klagtes spruit het reeds in 2018 plaasgevind. Tydens die voorval het Mojela by die werksplek ná ’n meningsverskil met Fourie valslik aangevoer dat Fourie hom ’n “bobbejaan” genoem het.
Daarna het Mojela egter sy weergawe verander. Die adviseur by AfriForum se privaat vervolgingseenheid, Natasha Venter, sê die DOV se weiering om ‘n nolle prosequi-sertifikaat uit te reik is irrasioneel.