My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende

AfriForum-tak hou “begrafnis” vir dienslewering in Parys

17 April 2024

AfriForum se tak in Parys in die Vrystaat het vanoggend ‘n sogenaamde roudiens vir dienslewering in dié dorp en omliggende gebiede gehou.

Dienslewering se “doodskis”

Volgens AfriForum is die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit een van die vele munisipaliteite in die land wat gebuk gaan onder swak dienslewering.

AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier, Alta Pretorius sê die organisasie het talle pogings aangewend om afsprake met die burgemeester en waarnemende munisipale bestuurder te maak om swak dienslewering te bespreek, en wou selfs hulle hulp aanbied.

Sy sê in reaksie op die mislukte pogings om die munisipale amptenare toe te spreek het hulle ’n swart “doodskis”, wat die verval in die dorp simboliseer, na die munisipale gebou geneem.

“Ons het vandag dienslewering begrawe aangesien daar nie meer skoon, lopende water, elektrisiteit of ordentlike paaie in dié dorp is nie. Die Vaalrivier is ook vol riool, die rioolwerke laat veel te wense en selfs die kanale wat vir besproeiing gebruik moet word is vol riool.”

Die munisipale bestuurder se “bedankingsbrief”

Sy sê hulle het ook geëis dat die waarnemende direkteur van tegniese dienste, Mokete Phele sy bedankingsbrief moet indien. Phele het in Februarie verlede jaar gesê dat hy sal bedank as die inwoners van dié munisipaliteit nie binne ses maande water het nie. “Ons het byvoorbaat ’n bedankingsbrief teen sy kantoordeur opgesit.”

Pretorius sê dit is jammer dat hulle eers hierdie demonstrasie moes doen voordat hulle reaksie van die munisipaliteit gekry het.

Na afloop van die demonstrasie het lede van die Parys-tak gewys dat hulle nie net hande gevou sal sit en wag vir die munisipaliteit om hulle pligte na te kom nie, hulle sal self inisiatief neem. Stoptekens is opgerig by gevaarlike kruisings en randstene is in die hoofstraat geverf om dit netjies te laat vertoon.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende