AfriForum stuur brief aan minister oor “onwettige” ontplooiing van grenswagte


Luister nou

Volgende

AfriForum stuur brief aan minister oor “onwettige” ontplooiing van grenswagte

10 Augustus 2022

Die burgerregteorganisasie, AfriForum, het ’n brief aan die minister van binnelandse sake, dr. Aaron Motsoaledi, gestuur waarin hulle duidelikheid eis oor die proses wat gevolg is met die ontplooiing van grenswagte onder die bestuur van die Grensbestuursowerheid, die GBO.

Volgens AfriForum se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, is die betrokke wetgewing – met betrekking tot die Wet op Grensbestuur – nog nie van krag nie.

Hy sê ten spyte daarvan is die GBO-wagte na verskeie grensgebiede ontplooi en het hulle aktief voertuie gestop en deursoek en is wagte ook met vuurwapens uitgerus.

Volgens Broodryk sal dit beteken dat hierdie wagte tans minder magte het om ’n oortreder te arresteer as ’n gewone burger wat in hul persoonlike hoedanigheid optree.

AfriForum is ook bekommerd oor die haastige opleiding wat hierdie wagte ontvang het asook die wyse waarop die wagte gewerf is.

“Die lede van die GBO-wagte is blykbaar voormalige polisie- en militêre amptenare, maar of hulle die diens op ’n goeie voet verlaat het, is onbekend. Die indruk wat dit skep, is dat AfriForum se Grenswag-inisiatief soveel druk op die Departement van Binnelandse Sake geplaas het dat hulle kortpaaie geneem het om die wagte te ontplooi, in ’n poging om die indruk te skep dat hulle die land se ernstige uitdagings rakende grensveiligheid aanspreek,” sluit Broodryk af.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

unnamed

Die Johannesburg-metro het ‘n nuwe speaker

masels2-1

Uitbreking van masels tref ook die Vrystaat

TSHWANE2

Tshwane-metro samel 98% van sy beoogde begroting in

AA1HNbdW

KYK: Sewe mense nog vermis na ontploffing in vuurwerke-pakhuis

Map,Of,South,Africa,With,A,Blue,Pushpin,Stuck

“Suid-Afrika ‘n oorblyfsel van kolonialisme, verander die naam na die Republiek van Azanië,” vra die ATM

Ander Nuus Artikels

The-South-African
Voormalige adjunkpresident van Suid-Afrika sterf
Low,Section,Of,Elementary,Students,Sitting,In,Row,In,Classroom
Nuuskommentaar: Skoleveiligheid moet ook gemeenskap se fokus wees
element-1-780x470-1
Video met politici se gesigte op urinale veroorsaak herrie
unnamed
Die Johannesburg-metro het ‘n nuwe speaker
masels2-1
Uitbreking van masels tref ook die Vrystaat

AfriForum stuur brief aan minister oor “onwettige” ontplooiing van grenswagte


Luister nou

Volgende