AfriForum soek duidelikheid by Google oor beweerde”teenstrydighede in soekresultate oor anti-wit rassisme in SA”


Luister nou

Volgende

AfriForum soek duidelikheid by Google oor beweerde”teenstrydighede in soekresultate oor anti-wit rassisme in SA”

29 Junie 2021

Die Burgerregteorganisasie, AfriForum het ’n brief gerig aan Google se direkteur vir Suid-Afrika, dr. Alistair Mokoena waarin hy ‘n verduideliking eis oor sekere artikels op dié soekenjin.

Die organisasie sê hy soek duidelikheid oor wat blyk te wees die “onderdrukking deur Google op sy soekenjins van toepaslike artikels wat handel oor anti-wit rassisme en/of diskriminasie in Suid-Afrika.”

AfriForum se veldtogbeampte vir strategie en inhoud, Ernst van Zyl sê die beweerde teenstrydighede het onder die organisasie se aandag gekom ná ’n ondersoekende artikel deur PoliticsWeb oor ’n vergelyking tussen Google soekenjinresulate teenoor ander sokenjinresultate vir frases soos anti-white racism in South Africa, anti-white racial discrimination in South Africa of discrimination against whites in South Africa.

Volgens hom sal verdere ondersoek hieroor gedoen word met behulp van spesialiste.

Van Zyl meen: “diskriminasie en rassisme teenoor wit Suid-Afrikaners en ander minderheidsgroepe is ‘n onmiskenbare feit. Dit is kommerwekkend dat toepaslike en goed nagevorste artikels en bronne oor dié kwessie nie in Google-soektogte voorkom nie.”

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…

Ilse Strauss

Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

WAGWOORD

16-miljard Facebook, Google en Apple-wagwoorde lek uit

walter-sisulu-university

Amptenaar by universiteit doodgeskiet

CILLIERS5

Brink se hoed weer in die ring

Ander Nuus Artikels

Velsiekte
Jong boerseun ploeg, ry trekker en plant ondanks pynlike velsiekte
photo
Frik Potgieter en Peter Huxham terug by die huis
NUUSWEEK WILLIE
Die storie van ou-dominee Sarel
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…
Ilse Strauss
Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

AfriForum soek duidelikheid by Google oor beweerde”teenstrydighede in soekresultate oor anti-wit rassisme in SA”


Luister nou

Volgende