Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

AfriForum-snuffelhond betrap verdagtes onkant

16 Augustus 2022

Die AfriForum-buurtwag in Germiston aan die Oos-Rand van Gauteng was op 12 Augustus met hul snuffelhond, Storm, op patrollie toe sy versteekte smokkelware uitgesnuffel het.

Storm is spesifiek opgelei om dwelmmiddels uit te snuffel. AfriForum se woordvoerder van gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk sê tydens ’n blaaskans het die span ’n winkel by ’n plaaslike vulstasie binnegegaan om verversings te koop, toe Storm aan haar hanteerder aangedui het dat twee klante in die winkel smokkelware wegsteek.

By nadere ondersoek is gevind dat die verdagtes in besit was van ’n ongelisensieerde vuurwapen, sowel as dwelms.

“Een van die verdagtes het van die toneel gevlug en is deur buurtwaglede agternagesit, maar het daarin geslaag om te ontsnap. Die ander verdagte is aan die SAPD oorhandig en aangekla vir die besit van dwelms en ’n ongelisensieerde vuurwapen,” sê Broodryk.

Hy meen snuffelhonde speel ’n belangrike rol om patrolleerders se vermoëns te versterk om verdagtes betyds te identifiseer en vas te trek.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende