21 September 2023
Die EFF sê hy is van voorneme om Afriforum se aansoek dat ‘n appèlregter haar van die Kill the Boer-saak moet onttrek, teen te staan.
Die party sê Afriforum se aansoek vir die onttrekking van regter Raylene Keightley is polities gemotiveerd, eerder as wat dit berus op geldige kommer oor bevooroordeling.
Afriforum het Maandag ‘n hofaansoek gebring waarin hy aanvoer dat Keightley onttrek moet word van die beoordeling of enige verdere deelname aan die saak.
Die EFF meen AfriForum se doel met die aansoek is deel van optrede om die howe te dwing om uitsprake te lewer ten gunste van “witmense en gronddiewe”.
Die burgerregteorganisasie het reeds verlede jaar met die saak teen die EFF begin, en meen die Kill the Boer-lied kom op haatspraak neer.
The EFF’s Statement on AfriForum’s Application to Recuse Judge Keightley in “kill the boer” Case
— Economic Freedom Fighters (@EFFSouthAfrica) September 20, 2023
-Ultimately, Afriforum's actions are an attempt to frustrate the expected outcome of the "kill the boer" appeal. They have resorted to attacking a female judge to further their… pic.twitter.com/g6SCecBeNp