21 April 2023
Die appèlhof in Bloemfontein het vandag die appèl van die uitspraak wat die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse landsvlag in die meeste omstandighede, ook privaat, as haatspraak verklaar het, van die hand gewys.
Die burgerregteorganisasie AfriForum het in reaksie op dié beslissing aangedui dat hulle van plan is om hul regspan te raadpleeg oor die volgende stappe wat hulle kan doen.
AfriForum se veldtogbeampte vir strategie en inhoud, Ernst van Zyl sê AfriForum se standpunt in dié saak beteken egter nie dat die organisasie die vlag vertoon óf nie wat hulle beskou as werklike haatspraak ten sterkste sal teenstaan nie.
Hy meen Vryheid van uitdrukking as ‘n reg het afgewater geraak in Suid-Afrika.