29 Oktober 2021
Die burgerregteorganisasie, AfriForum het ’n petisie van stapel gestuur en ’n skrywe aan die Netflix Black Creatives Empowerment Fund gerig.
Dit kom ná dié aanlyn stroomvermaaklikheidsdiens Netflix glo ’n beurs bekendgemaak het vir nagraadse studente in 2022 wat kwalifikasies in die flim- en TV-genres nastreef. Een van die kwalifiseringsvoorwaardes is dat die aansoeker swart moet wees soos gedefinieer in die BBSEB-gedragskode.
Die veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, Ernst van Zyl sê diskriminasie van hierdie aard is onaanvaarbaar.
“Met hierdie beurs sal ’n ambisieuse wit student wat wil aansoek doen, onmiddellik afgekeur word op grond van die kleur van hul vel, ongeag hul finansiële agtergrond. Om te demonstreer hoe wreed diskriminerend hierdie beurs is: Die kriteria sal dit moontlik maak vir ’n swart kind van ’n ryk politikus of miljardêr om bevoordeel te word bó ’n wit kind uit ’n arm huishouding,”sê Van Zyl.
Teken die petisie hier: https://afriforum.co.za/netflix-is-my-intekengelde-te-wit/
Stem vir die Aitsa’s