Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

AfriForum oorweeg privaat vervolging van moordbeskuldigdes in Brendin Horner-saak

19 November 2021

Die burgerregte-organisasie, Afriforum sê hy sal privaat vervolging in die Brendin Horner-saak oorweeg indien hy vasstel dat daar onbehoorlike inmenging in die saak was.

Die organisasie is van mening dat die verwikkelinge in die Brendin Horner-saak om verskeie redes uiters kommerwekkend is.

Die twee beskuldigdes is vandag ook onskuldig bevind aan skaapdiefstal nadat die moordklagte teen hulle laat vaar is.

AfriForum se bestuurder van veldtogte, Jacques Broodryk sê inligting oor polisiebetrokkenheid by veediefstalsindikate in die Vrystaat doen lankal reeds die rondte.

Hy sê as jy dit in ag neem, is dit skokkend dat dit die polisie oënskynlik ’n jaar geneem het om te besef dat die DNS wat op die toneel gevind is, nie met die verdagtes s’n ooreenstem nie.

Voorts sê Broodryk dat die feit dat Boy Khambule – die staatsgetuie in die saak – nou sy getuienis verander het, kan vir seker die indruk skep dat iemand by die saak inmeng.

Hy is van mening dat die nuwe verwikkelinge bevestig AfriForum se standpunt dat plaasaanvalle as ’n prioriteitsmisdaad geklassifiseer moet word sodat sake deeglik – sonder enige inmenging – ondersoek kan word

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende