AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte


Luister nou

Volgende

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

AfriForum, het vandag ’n stel waterpistole, wat geoormerk is vir die lyfwagte van die minister van polisie, Senzo Mchunu, by dié departement se hoofkantoor in Pretoria oorhandig.

Jacques Broodryk oorhandig die “wapens”.

Die organisasie sê dié “wapens” is oorhandig in protes teen die voorgestelde wysigings aan regulasies wat die privaat veiligheidsektor vir alle praktiese doeleindes sal ontwapen.

AfriForum se hoofwoordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk sê in ‘n verklaring hy het ook ’n brief, waarin die organisasie se teenkanting teen die voorgestelde wysigings aan regulasies ingevolge die Wet op die Regulering van die Privaat Sekuriteitsbedryf uiteengesit is, aan Mchunu se kantoor oorhandig.

Die organisasie voer met dié protesaksie aan dat indien Mchunu die aanpassings van dié regulasies steun, en dit derhalwe vir privaat sekuriteitsbeamptes feitlik onmoontlik maak om hulself en ander te beskerm, dit net billik sal wees vir sy eie lyfwagte om oneffektiewe wapens, soos watergewere, te dra.

“Dis is verregaande dat die regering op privaat veiligheidsdienste moet staatmaak om geboue – en in sekere gevalle selfs polisiestasies – te bewaak, terwyl regulasies wat die einste industrie magteloos sal laat, terselfdertyd deurgedruk wil word,” sê Broodryk

Die voorgestelde wysigings is op 28 Maart Staatskoerant gepubliseer.

 

3 Responses

  1. Die anc sê dat misdaad buite beheer is, dit will sê met die nuwe regulasies beoog hulle dat misdaad hul wens van geen opposisie sal realisee.
    Begin van kommunisme.
    Ons is reeds sosialisties.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GpIRgvQWUAAJIpG

DA, EFF se aansoek oor BTW-verhoging vandag aangehoor

Old,And,Young,Person,Holding,Hands.,Elderly,Care,And,Respect,

Maatskaplike dienste “misluk” weens onreëlmatige besteding

Go6hdNIX0AAO0Ry

Herstelwerk by Tembisa-hospitaal sal nie vinnig kan begin nie

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9

Die MK-party besoek Kleinfontein

Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)

Pous Franciskus sterf

Ander Nuus Artikels

GpIavQ2WsAAYfFl
EFF-lede betoog oor Orania
E
Die EFF sê “ryk mense moet belas word” eerder as ‘n BTW-verhoging
MK
“Bestaan van kultuurgemeenskappe soos Kleinfontein moet erken word”
GpIRgvQWUAAJIpG
DA, EFF se aansoek oor BTW-verhoging vandag aangehoor
Old,And,Young,Person,Holding,Hands.,Elderly,Care,And,Respect,
Maatskaplike dienste “misluk” weens onreëlmatige besteding

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte


Luister nou

Volgende