Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

AfriForum loods veldtog teen onteieningswetsontwerp

25 Oktober 2022

Die burgerregteorganisasie, AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie ’n veldtog geloods teen die onteieningswetsontwerp wat, volgens hulle, privaateiendomsreg bedreig.

AfriForum sê hierdie veldtog het ’n plaaslike, nasionale en internasionale komponent.

Nasionaal behels hierdie veldtog ’n manifes, wat die onteieningswetsontwerp teenstaan, en onderteken is deur 13 burgerregte-, landbou-, politieke- en ander organisasies van regoor die land.

AfriForum se veldtogbeampte vir strategie en inhoud, Ernst van Zyl sê die organisasie se regspan het ook vandag ’n brief aan president Cyril Ramaphosa geskryf. Hierdie brief lig die onteieningswetsontwerp se ongrondwetlikheid en gevare uit en op daardie basis versoek dit die president om die wetsontwerp terug te verwys na die wetgewer en dat dit vooraf na die Konstitusionele Hof verwys word.

Hy sê AfriForum gaan op plaaslike vlak sy takke mobiliseer om die manifes aan hul provinsiale regerings te oorhandig. “As deel van die internasionale komponent van hierdie veldtog, gaan AfriForum briewe rig aan die ambassades in die land. In hierdie briewe versoek AfriForum dat hierdie ambassades hul tuislande in kennis sal stel van die nuutste bedreiging van privaateiendomsreg in Suid-Afrika.”

Hy sê die organisasie beplan ook om die uitgebreide netwerk van kontakte wat die organisasie oor die jare in die buiteland opgebou het, in te lig oor die gevare van die onteieningswetsontwerp.

“Ons kan nie toelaat dat die regering die mag kry om enige eiendom wat hulle wil net te gryp nie.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

cd042b9b447d9a8f

Audi sluit vier van sy handelaars in Suid-Afrika

ENOCH1-large

Die EFF, MK-party eis die minister van finansies se bedanking

GpShrnfWQAA5m9y

ANC en kie sê samesprekings het gelei tot BTW-besluit, nié die hof nie

ENOCH2

Dawie Roodt: Die ANC sit met eier op hulle gesigte ná BTW-verhoging geskrap word

Marianne Pouwels_b

Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop

Ander Nuus Artikels

gt1776021
Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte
ENOCH2
Minister sê hy sal nié bedank nie
maxresdefault
Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut
cd042b9b447d9a8f
Audi sluit vier van sy handelaars in Suid-Afrika
ENOCH1-large
Die EFF, MK-party eis die minister van finansies se bedanking

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende