AfriForum sê hy is besig met regstappe om lasbriewe vir die beslaglegging van bates te bekom, nadat oud-president Jacob Zuma twee hofbevele verontagsaam het.
Dit hou verband met regskoste-bevele ter waarde van nagenoeg R500 000 wat uitgereik is tydens litigasie oor Zuma se mediese parool.
Volgens ‘n woordvoerder van AfriForum, Louis Boshoff, sal Zuma se sogenaamde vertragingstaktiek nie dié keer werk nie, en sal hulle aanhou met die stryd tot die geld verhaal is.
LEES OOK: Zuma: Saak oor beweerde wapenskandaal hervat vandag
In Oktober 2023 het president Cyril Ramaphosa egter presidensiële kwytskelding aan Zuma verleen, wat beteken dat sy oorblywende gevangenisstraf geskrap is.
“Omdat Zuma reeds soveel keer verantwoordbaarheid ontduik het, sal dit onaanvaarbaar wees om hom toe te laat om weg te kom sonder om hierdie regskoste te betaal. AfriForum sal daarom tot die uiterste gaan om te verseker dat hierdie koste betaal word,” verduidelik Boshoff.
One Response
Ek gaan baie hard gestraf word.
Ek het geen liefde of omgee vir die plaag nie. Dis n plaag wat uitgeroei moet word. Dis baie moelik om my naaste lief te he. Ek sukkel daarmee.