Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

AfriForum Jeug eis antwoorde van UP oor 2024-studenteraad

7 November 2023

AfriForum Jeug het nóg ‘n skrywe aan die Universiteit van Pretoria (UP) gerig waarin hulle vir antwoorde vra nadat dit bekendgemaak is dat die UP die klagtes teen die EFF Student Command van die UP (EFFSC UP) -kandidate teruggetrek het en ’n tydelike studentekomitee gaan aanwys.

Dit kom nadat die universiteit se verkiesing van sy studenteraad (SR) vroeër vanjaar in omstredenheid gedompel was nadat al agt posisies van die SR deur lede van die EFF se jeugorganisasie beset is.

AfriForum Jeug sê hy wil by die UP weet watter proses gevolg is om die klagtes teen die EFFSC UP-kandidate terug te trek, en hoe dit hul geskiktheid om op die studenteraad (SR) te dien, beïnvloed.

Die organisasie se woordvoerder, René van der Vyver sê hul wil ook by die UP weet of dié EFF-lede op 2024 se SR sal mag dien.

“Prof. Themba Mosia, visekanselier van die UP, het in ’n skrywe gesê dat die tydelike studentekomitee op 30 November aangekondig gaan word maar daar is nie duidelikheid oor hoe en wanneer die finale SR vir 2024 verkies en aangekondig gaan word nie.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Untitled-design-5

Gestremde raadslid beseer nadat hysbak vir die soveelste keer stukkend is

Tshwane-House-1-1

Tshwane-metro se oortydbeleid verander, maar kragonderbrekings kos die stad meer as R100-miljoen

TRANS-SKELMS

Voormalige Transnet-hoofde op borgtog van R50 000 elk vrygelaat

pjimage-2022-05-16T130201.620

Man met 16 slange op lughawe voorgekeer – die derde soortgelyke voorval dié maand

WhatsApp Image 2025-06-29 at 15.35.07_9dcc5b35

PTA Krag: Instandhoudingsprojek van beplande vier ure word toe 12 ure

Ander Nuus Artikels

Drank
Onwettige alkoholmark in SA al meer as R25-miljard werd
Untitled design
Die DA dien strafregtelike klagte in teen minister Nkabane
Kleinfontein
“Berigte dat die Tshwane-metro dit oorweeg om Kleinfontein te sloop, is onwaar”
Untitled-design-5
Gestremde raadslid beseer nadat hysbak vir die soveelste keer stukkend is
Tshwane-House-1-1
Tshwane-metro se oortydbeleid verander, maar kragonderbrekings kos die stad meer as R100-miljoen

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende