25 Junie 2024
Die burgerregteorganisasie, AfriForum meen die “astronomiese vergoeding” wat Naspers se voormalige hoof uitvoerende beampte, Bob van Dijk, verdien het en steeds tot September 2024 gaan verdien, “skep meer vrae oor die planne van Media24 om sowat 400 personeellede uit diens te stel en koerante insluitend Beeld en Rapport te sluit.”

Dit kom nadat die mediagroep onlangs aangedui het dat hy die gedrukte weergawes vam Beeld, Rapport, City Press, Soccer Laduma en Daily Sun gaan sluit.
Volgens ‘n berig deur BusinessTech het Van Dijk na bewering in die vorige boekjaar sowat R330-miljoen verdien, en sal vir die volgende ses maande nog ‘n maandelikse salaris van R2,2-miljoen verdien, as deel van sy skeidingspakket.
AfriForum se hoof van kultuursake, Alana Bailey sê Media24 voer aan dat die besluit geskoei is op weldeurdagte besigheidsbesluite, maar volgens haar hou die argumente nie water nie aangesien die Beeld en Rapport nog winsgewend is, en dat senior personeel op ‘n hoë vlak vergoed kan word.
Volgens Bailey is daar nog baie voordele wat die voortbestaan van koerante vir lesers inhou.
Bailey sê die burgerregteorganisasie kry nog nie antwoorde van Media24 oor die kwessie van Van Dijk se salaris nie