2 September 2022
Die burgerregte-organisasie, AfriForum sê hy gaan voort met sy hofsaak oor die hernuwing van bestuurslisensies.
Dit kom nadat Mbalula vanoggend verskeie aankondigings oor rybewyse gemaak het.
Die organisasie se veldtogbeampte vir strategie en inhoud, Reiner Duvenage sê AfriForum het sy bedenkinge oor die implementering van nuwe bestuurslisensiekaarte, aangesien die Departement van Vervoer nie ’n goeie rekord het wat die implementering van nuwe stelsels betref nie.
LEES OOK: NUWE BESTUURSLISENSIEKAART AANGEKONDIG
Tweedens het AfriForum in reaksie op Mbalula se aankondiging oor die hernuwingstydperk gesê dat hierdie verlenging wat die minister van die kabinet gaan vra, spreek nie die regsleemte aan wat AfriForum met sy regsaksie geïdentifiseer het nie.
Duvenage sê die organisasie versoek deur middel van sy regsaksie dat die hernuwingstyperk van lisensiekaarte hersien en geskrap moet word.