Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

AfriForum en Tshwane-metro onderteken samewerkingsooreenkoms

4 Maart 2024

Die burgerregteorganisasie, AfriForum en die Tshwane-metro het vanoggend ‘n vyfjaarmemorandum van samewerking en verstandhouding onderteken. 

Die memorandum moedig op ‘n amptelike wyse wedersydse steun en gemeenskapsbetrokkenheid aan.

Die memorandum is vanoggend in ‘n openbare park in Valhalla deur die burgemeester in die Tshwane-metro, Cilliers Brink en die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel onderteken nadat hulle beide die park se gras gesny het.

Met die ondertekening van die memorandum kom AfriForum en die Tshwane-metro onder meer ooreen om, in die gees van samewerkende regering en ontwikkeling, uitdagings ten opsigte van beveiliging en beskerming van eiendom en die omgewing in die stad se gemeenskappe te takel.

Brink sê hierdie memorandum van verstandhouding sal nou ons gewaardeerde verhouding formaliseer en help om ons werksverhoudinge voortaan te verbeter.

Dienste en projekte wat deel vorm van die fokus van die betrokke partye se samewerking sluit onder meer in:

  • die bevordering van gemeenskapsgebaseerde vullisverwyderings- en skoonmaakaksies
  • grassnyprojekte
  • verwydering van indringerplantspesies
  • die identifisering van onwettige stortingsterreine
  • gemeenskapsveiligheidsinisiatiewe
  • verhoogde sigbaarheid, monitering en aanmelding van verdagte aktiwiteite aan die munisipaliteit
  • bystand ten opsigte van die ontmoediging van grondbesetting

Volgens Kriel is die memorandum wat vandag met die Tshwane-metro onderteken is, ’n belangrike stap in AfriForum se strewe na die afwenteling van mag na gemeenskapsvlak en die vestiging van gemeenskapsgebaseerde federalisme.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

CYRIL IVOOR

“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-13 091435
49 Suid-Afrikaners in die VSA verwelkom
Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende