9 Mei 2022
Dit kom ná die departement van gesondheid se aankondiging dat regulasies met betrekking tot aanmeldbare siektes ingevolge die Nasionale Gesondheidswet 61 van 2003 en die Wet op Internasionale Gesondheidsregulasies 28 van 1974 nou gewysig is.
Die bestuurder van veldtogte by AfriForum, Jacques Broodryk sê dié regulasies beteken dat die regering permanent die dra van maskers en beperkings op byeenkomste kan afdwing.
LEES OOK: OPVOLG: DEPARTEMENTE VERWARD OOR MASKERS BY SKOLE
Hy sê AfriForum vind dit ook kommerwekkend dat die regulasies wat in die Staatskoerant gepubliseer is, nie dieselfde regulasies is wat vir openbare kommentaar gepubliseer is nie.
“Die burgers van hierdie land is nie pionne op die regering se skaakbord om rondgestoot te word wanneer magsbehepte amptenare so voel nie. AfriForum sal hierdie regulasies, indien nodig, in die hoogste howe beveg om te verseker dat landsburgers se regte ten volle herstel word. Burgers is keelvol vir die regering se voortdurende inbreuk op hul persoonlike vryhede,” sê Broodryk.