3 Augustus 2023
Die burgerregteorganisasie, AfriForum het ’n regsverteenwoordiger aangestel om die saak teen drie Vrystaatse boere, waaronder twee boervroue, wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens in hegtenis geneem is, noukeurig te volg nadat hulle veediewe vasgetrek het wat besig was om hul skape te steel.
AfriForum sê hulle het van berigte verneem dat 30 polisiebeamptes in 13 polisievoertuie die eiendom van twee boervroue bestorm het, hul huis binnegegaan en hulle met geweld in hegtenis geneem het.
Dit blyk ook dat die polisie nie in besit was van ’n lasbrief om die eiendom te betree nie.
AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk sê die manier waarop hierdie boere in hegtenis geneem is, is baie verdag.
“Waarom sulke oorweldigende geweld gebruik om twee vroue vas te trek? Dit lyk na ’n intimidasietaktiek deur die SAPD,” sê Broodryk.
