1 Julie 2021
Die burgerregte-organisasie AfriForum eis duidelikheid oor die stand van vuurwapens, wat tans deur die ANC besit word.
Volgens die organisasie is ’n onbekende aantal vuurwapens destyds deur die Nasionale Party-regering aan die ANC toegestaan omdat die ANC beweer het dat hulle nie vertroue in die polisie het om hulle lede te beskerm teen politieke geweld nie.
LEES OOK: ORGANISASIES EN POLITIEKE PARTYE SPAN SAAM TEEN KONSEPWYSIGINGS AAN VUURWAPENWETGEWING
Die bestuurder van veldtogte by AfriForum, Jacques Broodryk sê dit is egter onduidelik wat van die vuurwapens geword het en of die vuurwapens ooit herlisensieer is onder die nuwe vuurwapenwetgewing van 2000. Volgens AfriForum het ’n bron na aan Luthuli Huis ook bevestig dat daar nie rekord gehou word van die vuurwapens nie en dat talle reeds vermis word.
“Dit dui net weereens op die ANC se dubbele standaarde. Toe die party en sy lede nie vertroue gehad het in die polisie om hul te beskerm nie het hul aangedring om wapens te besit. Nou dat hulle in beheer is en deur gewapende lyfwagte beskerm word op die belastingbetaler se onkoste, het hul die vermetelheid om die burgery te wil ontwapen,” sê Broodryk.
LEES OOK: 84 POLISIEVUURWAPENS BINNE 3 MAANDE IN GAUTENG GESTEEL