8 Maart 2023
Die voormalige burgemeester van die Tshwane-metro, Murunwa Makwarela sê hy sal sy afdanking as ‘n raadslid op hersiening neem.
Makwarela het vanoggend aan Klankkoerant gesê slegs sy party, Cope kan hom van hul lys van kandidate afhaal, en dit het nog nie gebeur nie.
“Only my party can delist me from the IEC which hasn’t happened. I had disclosed my 2016 insolvency to the party. Council is intimately the final authority that has powers to remove me as I was fully elected in Council.”
Hy sê hy het reeds in 2016 sy party in kennis gestel dat hy insolvent is.
Makwarela sê slegs die raad het die mag om hom uit sy pos te verwyder, en dat die regte proses nie gevolg is om van hom onstlae te raak nie.
Die Stadsbestuurder Johann Mettler het gister aangekondig dat Makwarela gediskwalifiseer is as ‘n raadslid, omdat hy as ongerehabiliteerde insolvent verklaar is.